Toyota Stellenbosch Woordfees 2025: Boek jouself in by Veldhospitaal

“Op die oomblik is die kunslandskap grotendeels ’n woestyn. Die kunstenaars moet stap oor die sandduine sonder enige water en aan die einde van die reis kry hulle een groot applous. En dan word hulle teruggestuur om dit weer te doen.”