Resensies

Kenners resenseer die jongste boeke.
Experts review the latest books.

Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.

Amma deur Charmaine Africa: ’n resensie

Leona Conradie Resensies 2025-11-25

"Charmaine Africa doen baanbrekerswerk met hierdie memoir, wat glad nie moeilik lees nie en jou soos ’n doodgewone roman meevoer. Hierdie memoir het goeie karakterontwikkeling, die wêreld se spanning, ruimtebeskrywings wat goed inspeel op die spanning en ontwikkeling, maar die meeste van alles, ’n baie sterk storielyn wat spreek van diep letsels as gevolg van apartheid en familieverhoudinge."

Hinterland deur Piet van Rooyen: ’n lesersindruk

Emma Kirchner Lesersindrukke 2025-11-23

"Het die mens ontwikkel of gedegenereer uit die oerinwoners van Afrika, verwysende onder andere na die opgrawings in Sterkstroom waar die skedel van me Ples gevind is? Worstel die mens uiteindelik steeds met die gorilla in homself?"

Die lysie-man deur Salma Swanepoel: ’n resensie

Louise Viljoen (JBay) Resensies 2025-11-20

"Die milieu word baie goed beskryf – van die bibbernagte, die helder sterreprag en kampe waarin skaap aangehou word. Dit het vir my gevoel ek was daar op die plaas en het saam weggelê aan skaaptjoppies en Jan Ellis-poeding."

Deep fakes deur Nina Schick: ’n lesersindruk

Izak de Vries Lesersindrukke 2025-11-19

"Die boek verduidelik wat 'deep fakes' kon doen in die hande van ’n klein groepie spioene wat geweldig baie geld van hul base gekry het. Vandag is daardie tegnologie op jou buurman, en elke tweede kroek, se selfoon."

Cliff-hanger: Knal deur Bettina Wyngaard

Cliffordene Norton Boekrubrieke 2025-11-19

"Bettina Wyngaard herinner my met hierdie boek dat misdaadfiksie nie net oor bloed en spanning gaan nie – dit gaan oor mense. Oor die lyding wat soms in stilte gebeur. En dat hoop nie altyd lyk soos goud nie, maar eerder soos mense wat bereid is om alledaagse mense teen die ergste van ons samelewing te beskerm."

Stryd van die reuse en Pale toe deur Michael Green: ’n lesersindruk

Izak de Vries Lesersindrukke 2025-11-19

"Michael Green se stories is feitelik korrek. Elkeen is uitstekend nagevors en die lang bronnelyste agterin beide boeke wys hoeveel leeswerk ingegaan het in hierdie pittige vertellinge. Green was self ’n kranige rugbyspeler en sy liefde vir die sport het nooit opgehou nie."

What is owed? by Kelwyn Sole: a reader’s impression

Phillippa Yaa De Villiers Books and writers 2025-11-18

"With less of his characteristic reserve and more rampant enjoyment, Sole shapeshifts in this collection, appearing as an old man, as a trogon, as a bee, as the sun, as the beloved – with a sideways wink between author and reader."

Hell of a country deur David Cornwell: ’n lesersindruk 

Anne-Marie Burger Lesersindrukke 2025-11-18

"Vir lesers wat hou van waremisdaad, historiese fiksie en stories wat diep delf in die menslike psige, is Hell of a country ’n onmisbare boek."

’n Lesersindruk: Wicked smart deur Douglas Kruger

Louise Viljoen (JBay) Lesersindrukke 2025-11-18

"Juis daarom gaan steek ek graag kers op by individue wat hierdie beginsels en vaardighede op die oog af onder die knie het. Hulle wat die pad stap op ’n manier wat moeiteloos lyk, asof sukses na hulle toe aangetrek word."

Al die swendelaars deur Chris Karsten: ’n resensie

Ilze Brüggemann Resensies 2025-11-18

"Ek sien in my geestesoog hoe Karsten in sy stoel agtertoe leun nadat hy die laaste paragraaf getik het en tong in die kies bydink: Trou is nie perdekoop nie."

Versamelaar van verlore drome deur Frenette van Wyk: ’n resensie

Louise Viljoen (JBay) Resensies 2025-11-17

"Die held, ’n antikwariese versamelaar, bied aan om die heldin te help om ’n ou, waardevolle viool op te spoor. Deur die loop van die storie word familiegeheime, -vetes en -skandes opgediep."

Resensie van Eben Etzebeth se biografie Ten slotte

Michael Green (pseudoniem: RR Ryger) Resensies 2025-11-12

"Meer as ’n duisend belangstellendes het in Oktober by die N1-winkelsentrum in Kaapstad opgedaag toe hy sy boek bekendgestel het."

Flesh by David Szalay has won the Booker Prize 2025: a book review

Mphuthumi Ntabeni Books and writers 2025-11-11

"Beneath its quiet surfaces, Szalay’s novel probes the cultural unease of our time – the exhaustion of liberal optimism, the backlash angst against 'wokeness' and the waning of faith in collective redemption."

Moordsake met die meesters: ’n resensie van Deon Meyer se Skorpio

Stefaans Coetzee Resensies 2025-11-11

"Buiten vir hulle skerp humor, is die twee kapteins duidelik herkenbaar."

PenAfrican: Weeping becomes a river by Siphokazi Jonas: a book review

Mphuthumi Ntabeni Books and writers 2025-11-10

"It is not often that a volume of poetry captures the public imagination in South Africa. Yet, Siphokazi Jonas’s Weeping becomes a river has done just that. This is an unlikely and heartening success in a literary landscape where poetry is often treated as the private language of a select few. One wonders, inevitably, about the reasons behind this resonance."

Chris, Taffie en die gruwelike grypdief deur Troula Goosen: ’n lesersindruk

Anne-Marie Burger Lesersindrukke 2025-11-06

"Om ’n kind van kleins af aan fantasieverhale bloot te stel, is nie net om hulle te 'vermaak' nie, dit is om hul denke te vorm, hul harte oop te maak en hul vermoë om te droom aan te wakker."

Fading footprints: In search of South Africa’s first people by José Manuel de Prada-Samper: a book review

Luan Staphorst Books and writers 2025-11-06

"The first chapter also provides a vivid portrait of a cultural, linguistic and continental outsider’s journey to this most enigmatic of collections. That he is further unafraid of discussing his own missteps relative to working with the material, and of reflecting on major personal events that tie in with his research, such as his father’s passing from cancer while trying to start an academic career, marks this section as particularly moving."

Lesersindruk: Kinders se spinnekoppe van Suider-Afrika deur Rudi Steenkamp

Mercia Coetzee Lesersindrukke 2025-11-06

"Wat dié boek verder besonders maak, is Steenkamp se knap balans tussen wetenskaplike akkuraatheid en ’n kindervriendelike aanbieding."

Wanneer appeltjies geskil word: ’n lesersindruk van Sidney Gilroy se Roulette

Gerda-Marié van Rooyen Lesersindrukke 2025-10-29

"Roulette het my spoedlees verbeter; ek het dit gulsig verslind."

Jeugroman of historiese roman? ’n Lesersindruk van Louis Pretorius se ’n Jaar in my lewe

Izak de Vries Lesersindrukke 2025-10-28

"Veral jongmense sal dit interessant vind dat telefone in daardie dae met drade aan mure gekoppel is en dat gewone skoolgaande jongmense in 1996 nie selfone gehad het nie."

Top