Skryfwerk
Lees oorspronklike kortverhale, gedigte, lirieke en essays hier. Stuur jou voorlegging na skryfwerk@litnet.co.za.
Slegs oorspronklike skryfwerk, wat nog nie voorheen in druk of op enige sosiale media platform verskyn het nie, sal oorweeg word.
LitNet aanvaar slegs ’n skrywer se oorspronklike, ongepubliseerde werk (insluitend sosiale media) vir publikasie. Wanneer jy jou skryfwerk aan LitNet voorlê, verseker jy LitNet dat die gedig/kortverhaal jou eie, oorspronklike werk is.
...
Read original short stories, poetry, lyrics and essays here. Submissions can be sent to skryfwerk@litnet.co.za.
Only original writing, which has not been published in print or on any social media platforms, will be considered.
LitNet only accepts an author’s original, unpublished work (including social media) for publication. When you submit your writing, you confirm to LitNet that it’s your own, original work.
My skemertyd
2019-08-29Gedig deur Anzé Bezuidenhout:
"en dit wat moes is nou wat was;
en my lewensspore lê nou vasgeskroei
in duisend bloedmane gelede"
Vrouedag-skryfkompetisie: Kortlys
2019-08-27LitNet se Vrouedag-skryfkompetisie – Hier is die kortlys van die beste inskrywings! Baie dankie aan almal wat deelgeneem het. Die wenner word Vrydag 30 Augustus aangekondig.
Vrouedag-skryfkompetisie: Guardian angel
2019-08-25LitNet se Vrouedag-kompetisie – Poem by Danielle Robbertze:
"You were my guardian
Now let me try to be yours"
Vrouedag-skryfkompetisie: Anja, my inspirasie
2019-08-25LitNet se Vrouedag-kompetisie – Vonkfiksie deur Christa van Staden: "Sy bou saam met die kleinseuns modderdamme, klim saam boom en lag as hulle vuil is."
Vrouedag-skryfkompetisie: kaalvoetvrou
2019-08-25LitNet se Vrouedag-kompetisie – Gedig deur Albina Janse van Rensburg:
"Sy wat haar eie huis kan bou
met okerklei, kleurbottels en strooi,
geroeste skottels, stukkies glas"
Vrouedag-skryfkompetisie: ’n Ode aan my man se vrou
2019-08-25LitNet se Vrouedag-kompetisie – Vonkfiksie deur Sonja Smith: "Jou herinneringe leef in ons huis. Jy hang teen my mure. Jou foto’s praat, vertel my jy wou nie doodgaan nie ..."
Vrouedag-skryfkompetisie: My standerd twee juffrou in 1969
2019-08-25LitNet se Vrouedag-kompetisie – Vonkfiksie deur Annalie Strauss-Nel: "Sy praat steeds met ’n harde, goed gemoduleerde stem waarin jy nog die Juffrou van jare terug kan hoor."
Vrouedag-skryfkompetisie: Erfgoed
2019-08-25LitNet se Vrouedag-kompetisie – Vonkfiksie deur Ester October: "Lipstick moet oral saamgaan, al vergeet sy meeste van die tyd om dit aan te sit. Sy neem nie meer deel aan gesprekke nie en bly besig met haar eie kop ..."
Vrouedag-skryfkompetisie: A woman I can remember
2019-08-25LitNet se Vrouedag-kompetisie – Poem by Johan du Plessis:
"My name is me
And unless you are kind to rogues,
I shall die soon"
Vrouedag-skryfkompetisie: Die nagwaak
2019-08-25LitNet se Vrouedag-kompetisie – Vonkfiksie deur Elizabeth Hentschel: "Ons het Villiers toe gery, die rivier oorgesteek. Die plaas was verlate en verwaarloos, die huis toegegroei, onbereikbaar."
Vrouedag-skryfkompetisie: ’n Spesiale vrou
2019-08-25LitNet se Vrouedag-kompetisie – Vonkfiksie deur Adele Reynders: "Jare later bring Facebook Elsabé terug in my lewe. Sy en ongeveer ’n miljoen optelkatte woon in ’n huis by Vanderkloofdam."
Vrouedag-skryfkompetisie: ’n Vrou wat ek onthou
2019-08-25LitNet se Vrouedag-kompetisie – Vonkfiksie deur Faeeza Skaarnek: "Dalk het sy dit geweet, iets moes in haar hart opgekom het, want bang was sy nie."
Vrouedag-skryfkompetisie: ’n Vrou wat ek onthou
2019-08-25LitNet se Vrouedag-kompetisie – Vonkfiksie deur Ranschè Lindoor: "Dit is met hierdie woorde wat Elizabeth Kortjé (néé Ruiters) hierdie wêreld op 19 Julie 2018 in die ouderom van 83 verlaat het."
Vrouedag-skryfkompetisie: Jy is die son
2019-08-25LitNet se Vrouedag-kompetisie – Gedig deur Marissa du Plessis:
"Jy skryf my geluk met sterrestof
Jy teken my hart in die sand op die maan"
Vrouedag-skryfkompetisie: ’n Vrou wat ek onthou
2019-08-25LitNet se Vrouedag-kompetisie – Vonkfiksie deur Narina Uitenweerde: "En ek bewonder haar. Dié vreemde vrou wat ’n beroep gekies het omdat sy omgee, omdat sy ’n verskil wou maak, omdat sy genesing in haar hande het."
Vrouedag-skryfkompetisie: Maria
2019-08-25LitNet se Vrouedag-kompetisie – Gedig deur Marieta McGrath:
"sy stap die smal stegie antieke pad
sonder die vader
van haar kind"
Vrouedag-skryfkompetisie: Gedagtes wat draal
2019-08-25LitNet se Vrouedag-kompetisie – Gedig deur Anne-Marie Taylor:
"Niks maak meer sin
Geen woord, geen idee
Probeer sy verstaan
Sleep dit haar mee"
Vrouedag-skryfkompetisie: Te danke aan juffrou F
2019-08-25LitNet se Vrouedag-kompetisie – Gedig deur Christo Meyer:
"te danke aan juffrou F
’n onnie van lank terug
kan ek vidag met trots sê
my droem het waa' gewôd"
Vrouedag-skryfkompetisie: Siener
2019-08-25LitNet se Vrouedag-kompetisie – Gedig deur Ilse van Staden:
"Deesdae dra ek dikwels
my ma se bril en wéét –
sy kon altyd beter sien as ek"
Vrouedag-skryfkompetisie: ’n Psalm vir my ma
2019-08-25LitNet se Vrouedag-kompetisie – Gedig deur Carma Shaw:
"Want jy is soos ’n veldblom met geurige nektar
geurig is jy, soos heide wat nimmer verwelk."
