Liefste Irony, ek sien jou peek
In die hallway va os generational fleek
Ini lynne va os parental leak
Wat nou soek vir sincerity op government’s peak
Djy sien, ek is dai girl by die post office
Ek is dai glove girl meri bullet hush
Ek is dai baby met die nappy crush
Ek is dai maalvleis body ini coffin tas
But ek is oek die daughter vani slaughter
Die siza vani rapist laaitie
En die ewebeeld van ’n antie wati nog fightie
Net as die neighbors inmeng is sy almighty!
Djy sien, Mammie plak backbones met plasters vas
En gil opi neighbors asof haar boys by die wit duif pas
Nou isit hulle wat die kids betas
En die plasters hang aan skerwe vas.
Ek is oek kwaad! Nee, nee ek is eintlik befok!
’n reënboognasie?
Eerder ’n bloedblasie!
Gee terug die uncles se krag
Omi laaities met motivering toe te draf!
Gee terug die straf van vinger vir vinger
Want dit is oor die gille wat os slinger
Djy sien, sincere mother government
Djy wil ons skei vani ware covenant
Leer my boetas vani rêrage backbone
En verwerp dié meti harte van stone!
Lees ook



Kommentaar
Die dame sal 'n digbindel vir ons moet bymekaar sit. Ons soek nog, ons soek nog!!
Baie dankie vir jou ondersteuning Isco!
Baie geluk Dalphine ek is so trots op jou! Moet nooit ophou skryf nie!
Baie dankie Sadee! Die ondersteuning beteken so baie!