Saartjie Baartman vir die Baardman

  • 8

Ek onthou die verwelkomingslied
uit die harte van my mense hier in my gebied.
Die grepe van my siel was hier tot niet
maar juis nou, wonder ek, was alles dan verniet?

Ek was uitgestal soos ’n aanskoulike dier
Die laagste soort menswees wat jy ooit sal kan verduur.
Opgesny en deurwerk soos ’n kwaadaardige klier
Ek, ja ek, Saartjie Baartman, Khoi-San
Roep oor Afrikavlaktes na die gewetenlose man!
Julle wie se monde water oor my kudde se bates.
Julle wie se kloue tot alles in staat is!
Genoeg!

Ek staan voor al die geraamtes van my susters
Want was die vrede dan ’n klugkreet!?
Ons staan teen die monster wat ons menswees af-ejakuleer
Ons staan teen die geskiedkundige seer wat wil penetreer
Moet ons almal se siele dan hieroor treur?
Hier oor my Afrikaland
Oor die duine en die sand
gee ek my geskiedenis as die hand!

Genoeg is genoeg.
Genoeg trane in die bloedvallei en genoeg harte weggelei!
Saam oor die bergtoppe weerklank ons toyi-toyi
En vooraan is hierdie Khoi-Khoi!

 

  • 8

Kommentaar

  • Genoeg is genoeg! Mens kan eenvoudig nie jou trane keer nie,want die gedig praat met almal! Baie geluk my vriendin!

  • My vriendin jy is waarlik dit waardig om n BESTE vriendin genoem te word. Dankie vir jou ondersteuning!

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top