Dalphine April

Dalphine is ’n 26-jarige Karoo-dame, gebore op die 18de Julie 1993 te Ladismith. Sy het haar skoolloopbaan in 2011 voltooi aan die Kaapse Akademie vir Wiskunde, Wetenskap en Tegnologie in Tokai. Tans is sy ’n elektrisiën vir Kannaland Munisipaliteit in die Calitzdorp-area, waar sy saam met haar twee hondjies woon.

Dalphine skryf graag en is in haar graad 11-skooljaar goedgekeur vir BA Kommunikasie by Potchefstroom Universiteit, maar ná matriek kon sy weens omstandighede nie gaan nie. Op die ouderdom van twaalf het sy haar eie boek geskryf en sedertdien baie gedig. Na matriek het sy so bietjie ondernemingsbestuur studeer en na haar tweede semester in 2012 ’n Eskom-beurs gekry, wat haar loopbaan in ’n ander rigting gestuur het.

Sy geniet dit baie om te lees en saam met haar honde in die see te baljaar.

Mother Government

Dalphine April Poësie 2019-10-31

“Ek is oek kwaad! Nee, nee ek is eintlik befok!
’n reënboognasie?
Eerder ’n bloedblasie!”

Ons bloedbroer baardman

Dalphine April Poësie 2019-10-30

“hier by ons huis, liewe Khoi-Khoi vrou
hier by ons huis, toyi-toyi ons teen die monsterklou
wat ons monde toedruk”

Saartjie Baartman vir die Baardman

Dalphine April Poësie 2019-10-30

“Ek, ja ek, Saartjie Baartman, Khoi-San
Roep oor Afrikavlaktes na die gewetenlose man!”

Top