Ons bloedbroer baardman

  • 0

Antie Saartjie Baartman, ek skryf aan u uit die hok van ons land
Waar die wilde diere ons verneder, verdruk en aanrand
Oor jou bloed in ons are en die aansien in die skare
Jy word nog elke dag hier herbegrawe.

Dit breek my hart, om te hoor hoe jou vrese eggo bo die vrede
vanuit die bloedkrete in ons strate, soos gewere
hier by ons huis, liewe Khoi-Khoi vrou
hier by ons huis, toyi-toyi ons teen die monsterklou
wat ons monde toedruk
en soos ’n aborsie uitruk

Soos daardie klou wat jou naak gestroop en sleg gedoop het
Soos daardie rowers wat jou tot op jou siel naak gestroop het
Broos, voos en vasgevang onder ons eie materiaal
Wemel ’n naaktheid van jou verhaal
Jy weet, hulle monde water oor ons heupe en boude
Hulle wrede drang is soos loshangende moue

Hier by die huis waar jy saakmaak in die opgawe
Hier in ons are word jy weer begrawe
Ek is so jammer, suster Saartjie-San
Oor ons bloedbroer baardman.

Lees ook

Saartjie Baartman vir die Baardman

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top