Ná die wen

  • 0

Want partykeer na groot geleenthede soos die Wêreldrugbybeker
(veral as daar ’n gelukkige einde was)
raak ek hartseer, soos oor ’n vriendskap wat geëindig het
of soos wanneer jy iets nuut per ongeluk 
breek wanneer jy dit die eerste keer gebruik.
Want vir ’n oomblik het die hele land saam feesgevier 
en het ons ’n see van groen en goud geword
wat al die land se probleme soos springgety kon wegspoel.
Maar buite ’n pub wag ’n vrou senuweeagtig vir haar Uber
en heers daar onsekerheid ná Maimane se bedanking
en voel Stellenbossers hoe die taalgordel al hoe stywer vasgemaak word
en kos ’n sakkie kruideniersware R500
en sluit ons ons traliehekke en aktiveer ons alarmstelsels.
Want ons is almal hartseer oor die land wat ons kan wees
en miskien nooit gaan wees nie.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top