Nuwe begin

  • 0

Wil jy nie jouself ’n nuwe kans gee nie? Vat my hand en spring saam met my in ’n nuwe ligte blou in, waar jy kan vry wees soos wat ek is en dalk nog meer. Is ons wel waarlik vry? Ek dink net as ons die ou rugsakke neersit en glimlag terwyl ons opkyk en dan besef hy’s groter. Ons lag, ons huil, ons baklei en ons maak liefde terwyl daar vliegtuie in torings vasbliksem en kar-alarms skree net soos die voëltjies in ons droom van ’n perfekte wêreld. Jy mag ’n kans vat na daai sagte blou, dis waar jy gaan rus vind vir jou siel. Hoor jy die voëltjies?

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top