Lodewyk is op 1 September 1985 in Harrismith gebore. Sonder enige kwalifikasies styg hy uit en is die afgelope 8 jaar ’n suksesvolle restaurantbestuurder in Potchefstroom asook ’n waardevolle vriend vir vele. Met ’n absolute liefde vir die sterrestelsel is hy die tipe persoon wat op sy gelukkigste is in die natuur. Hy vind genot daarin om te lees en kitaar te speel. Vir hom is dit die klein dinge in die lewe wat saak maak en so begin hy skryf oor sy grootste avonture, waardering en belewenisse. Vir hom gaan dit oor veel meer as net ’n pen en ’n stuk papier.