Kunstenaar

  • 3

In die eklektiese denke
van die kunstenaar
‒ kluisenaar ‒
skrywer en musikant;
wat óók kan sien
wat die skare sien,
dieselfde deuntjies
oor en oor hoor
en tog anders
‒ eksentriek ‒
artistiese integriteit
bo materialisme stel;
word blote negatiwiteit,
weldeurdag kreatief
tot moontlikheid omskep.

Meesterlik vasgelê
in melodieë en kleur,
of vrye verse
waar digters gebroke
tower met woorde
om emosies poëties,
metries te bevry,
soos hulle inspirasie
in die naakte waarheid kry ‒
selfs al wek dit geen applous nie.

Lees ook

Die vlindereffek

Vlinders in haikoe en cinquain

  • 3

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top