(’n Reflektiewe Sinergie deur Loretta Szikra & Francois Meyer)
As ’n skoenlapper haar vlerke
kan fladder in Japan;
’n vloedramp kan meebring
wat noodlot saai in Soedan,
dan kan liefde jou mos koud laat
met verganklikheid
en die hart in ’n ysberg
verander met tyd.
As die sterre kan supernova
en die blou planeet mis;
die hemelruim omsingel
sonder om hoop uit te wis,
dan kan liefde jou ook warm maak
en ’n melkweg in die poele
van jou sterrelose oë nalaat.
Lees ook



Kommentaar
Puik stukkie digkuns Loretta
Dis mooi hou nogal baie van die een lolla
Die gedig Droomvlinder:
https://www.facebook.com/OpVlerke/posts/1255382681285576/
Baie dankie vir die plasing Litnet, ek waardeer dit opreg.
Baie dankie vir die saamlees Anze, Elna en Andre, dit word opreg waardeer.
Goeie spanwerk julle twee. Ons wag in spanning vir jou bundel Loretta!
Julle MAG maar duette saam doen.
Pragtige duet.