’n Handvol haikoes uit Italië

  • 2

Haikoe na besoek aan Italië

Oor teen oue klip
warm asem sug oor my wang
Monterci bekoor

Citerne

Dwaal deur skemerkerk
’n Deur maak onverwags oop
verbysterd staar ek:

In sagte lig staan
sy met Hom op haar heup en
word gister vandag.

Op pad na Frasassi-grotte

Heuweltopdorpies
Blokkies deur woude versprei
Lok ons dieper in.

Volg kronkelpaadjies
klouter verbete na nêrens
Tot diep in berghart.

 

  • 2

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top