Die motdood

  • 1

Engele opgestop in ’n katot
op die kaai se suidekant
waar die lyke yl roep
en die winde goël

Die maagde ontbloot hul silhoeëtte op die skavot
rum tingel ’n ou vaal blueskitaar
die kaptein met sy een oog staar
swets oor die donker abissaal

Troe-ba-doe, Troe-ba-doe, Tra-la-la, Tra-la-la,
sing die kardoes luidkeels:
“môre lê ons wakker in die kooi
môre lê ons langs ’n nooi”

Die bodega lê vol liefde
en van gister se kreune
op die suide van die kaai
bodder maagde oor hul fooitjies

Duskant net ’n bietjie suider
suiwer die diepblou oseaan
sy lippe aan die skuim van die maan
wie wil oor sy branders breek

Soldate het hul vrouens vergeet
en kleintjie het nie sy vaartjie
waar die fok breek
sal die abissaal hul name onthou

Voor die vuurtoring kon jy nog hoor
die maagde, die vroue en kleintjies almal seewaarts beknies
die kardoes wat terug troebadoe
en dan diep diep onder die abissaal die kaptein wat swets

Soos mot vir die vlam
so die vrou die kind die man
’n katarsis, in ’n idille
motdood!

  • 1

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top