Trenodie

  • 0

(Herinneringslied)

 Afrika se skouers ruk
gesig in bont kopdoek gedruk
skarlaken drup die eens blou lug.

Bloed stol sement kil
en ek draai klip na klip
op haar verwonde roep, my rug.

Fluister grasse soos ’n sug
vibreer ’n lied, gans vergete
deur elke vesel van my wese.

Afrika se skouers ruk
gesig uit bont kopdoek gelig
verbrokkel mure, sing my terug.

Lees ook

’n Handvol haikoes uit Italië

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top