Skryfwerk
Lees oorspronklike kortverhale, gedigte, lirieke en essays hier. Stuur jou voorlegging na skryfwerk@litnet.co.za.
Slegs oorspronklike skryfwerk, wat nog nie voorheen in druk of op enige sosiale media platform verskyn het nie, sal oorweeg word.
LitNet aanvaar slegs ’n skrywer se oorspronklike, ongepubliseerde werk (insluitend sosiale media) vir publikasie. Wanneer jy jou skryfwerk aan LitNet voorlê, verseker jy LitNet dat die gedig/kortverhaal jou eie, oorspronklike werk is.
...
Read original short stories, poetry, lyrics and essays here. Submissions can be sent to skryfwerk@litnet.co.za.
Only original writing, which has not been published in print or on any social media platforms, will be considered.
LitNet only accepts an author’s original, unpublished work (including social media) for publication. When you submit your writing, you confirm to LitNet that it’s your own, original work.
Swyg
2023-03-02"Dit het niks met digters te doen nie
ook nie met skrywers se sondes nie
dit het nie vandag gebeur nie
want gister het ook te gou gekom"
Leë lanings
2023-02-23"die wete van die geskende mond
lê leesbaar in die mooiste oë
en verloopte liefdes hang die stiltes
van die mooiste liedere vol."
IV Son-net
2023-02-23"Op die strand die dowwe mens, kwalik in staat
om die oordaad na ander te weerkaats."
Kuur
2023-02-23"met liggetinte water lê sy die gloed
deur die venster neer op papier
laai dan die kwas swaar met pigment
en skilder sorgsaam ’n kuur"
In die fragmentarium 3
2023-02-17"Leser:
As jy maar weet
Jou stillees was ’n murmelende stroom
Waar ek moeg gereis kon buk
Op soek na die afwesige gesig
En my dors te les ..."
Besoektyd
2023-02-16"Dit is warm buitekant die Poorte omdat dit binne stapafstand van die ander hek is: ’n lelike, slap draadkonstruksie wat lyk asof dit deur ’n amateurhekmaker aanmekaargeslaan is. Voor die hek sit ’n geel hond wat sy lip dreigend lig elke keer as Gabriël in sy rigting kyk."
Dwaaldrome
2023-02-16"ander kere verdwaal ek alleen
met ’n hand vol broodkrummels
en my wit wolkombersie."
Afrikaans Eerste Addisionele Taal
2023-02-16"(al om die beurt:
die een altyd skugter,
die ander een nugter)
leer ons mekaar van
ngomso se drome en die spoke van gister"
Sal jy onthou?
2023-02-09"sodat dit verlangend kan eggo
in die gange van nostalgie
waar die lokstem van ons liefde
oor en oor in jou afdwaalhart herhaal?"
Glipdrome
2023-02-09"sleep my só deur die binneruimtes
van jou stilste denke
en soms
net soms
los jy my op plekke
waar jy drome vir my baar"
Helaas, retories
2023-02-09"hoekom was jy nie dít vir my
wat jy vir my was toe jy nie
mýne was nie?"
Baberton Daisy
2023-02-09"Let my words caress you,
my gentle hands are thornless,
here to charm you, not to harm you"
Ek voel vere
2023-02-02"Ek voel vere vir die smulpape –
wat ons landsvet (en grondwet)
met die binnevet opvreet
en dwaashartig maak
of hulle niks daarvan weet"
Julle almal
2023-01-26"sonder makeup
sonder over-the-top
barry lyndon-tipe rokke
slide in mother monster’s born this way
as backtrack"
