
Foto: Canva
ARMWALS
solank as die kosprys op
die hemelbesem staan
solank as inflasie altyd
kaalvoet bly kraam
solank die rooimiere
jou skuld wil beaam
is al wat mens kan sê
ag vrek, man
solank die pappot in die
kombuis sit en lek
solank jou doeleindes van
hongerte wil vrek
solank daar dakgate in jou
toekoms bly dek
is al wat mens kan sê
ag vrek, man
solank korrupsie
mens se siel wil belemmer
solank straatklaers oor
ons land moet
aanhou kemmer
solank mens kragteloos
onder die donker emmer
tremmer
is al wat mens kan sê
ag vrek, man
solank die tafel skalks
leeglê sonder engel
solank jy vir jou laaste
ikone probeer hengel
solank mens se armgat
nou summier wil
verstrengel
is al wat mens kan sê
ag vrek, man


Kommentaar
Baie mooi beeldspraak op ritme van 'n ou liedjie. Ek voel ook so, maar mag nie saampraat nie, want ek het nie meer 'n enkele stuiwer oor om in die armbeurs te gooi nie! 😁
Hoe heerlik ritmies, en met 'n skeut humor, spreek jy hier dinge aan wat ons of oor tob of ontken; want al wat mens kan sê, is: ag vrek man.