Thérèse Fensham

Thérèse Fensham het haar BA Hons Joernalistiek in 1985 aan die Universiteit Stellenbosch voltooi. Sedertdien is sy altyd betrokke by een of ander vorm van skryf. Dit sluit storieredigering, proefleeswerk, persverklarings, en advertensie- en webwerfkopieskryf in. Haar vryskutsakeonderneming, Simple Clarity, doen skryf- en redigeerwerk in die korporatiewe sektor.

Thérèse het ’n reeks Afrikaanse gedigte op LitNet gepubliseer, waarvan twee gekortlys is om in ’n Louis Leipoldt-biografie te verskyn. In 2005 het sy ’n artikel in die Cape Times Review gepubliseer oor Zubeida Jaffer, ’n anti-apartheidsaktivis en bekroonde skrywer.

Twee van Thérèse se gedigte het in 2008 in Karapaks 6, saamgestel deur Sonja du Plessis, verskyn. Sy het ook vir twee jaar haar eie rubriek in Renaissance-tydskrif gehad, en het in 2013 ‘n meningstuk, “Het hedendaagse feministe hul mojo verloor?”, op LitNet gepubliseer.

In Junie 2018 het sy ‘n flitsfiksieskryfstuk in die kuns- en literêre tydskrif Type/cast gepubliseer.

Arm wals

Thérèse Fensham Poësie 2023-09-28

"solank as die kosprys op
die hemelbesem staan
solank as inflasie altyd
kaalvoet bly kraam
solank die rooimiere
jou skuld wil beaam"

Demensie

Thérèse Fensham Poësie 2023-09-14

"Jy was geen tannie nie
jou naam was magriet
maar toe het jou drade veels te jonk
begin skuifelstap
terwyl fladders van jou ou self bly herkou
soos die wanste sin vir humor"

Die seun wat vir Hector gedra het

Thérèse Fensham Poësie 2023-06-22

"Mbuyisa Makhubu
Waar is jy nou?
In die blink of in die grou?"

The inside-out man by Fred Strydom: reader impression

Thérèse Fensham Books and writers 2018-10-15

"Through the author’s dexterity of storytelling and astute turn of phrase, each sentence becomes its own canvas, and yet the storylines blend effortlessly."

Het hedendaagse feministe hul mojo verloor?

Thérèse Fensham 2013-03-20 Met Februariemaand ’n pikswart maand vir vroue in Suid-Afrika, van die moorde op Anene Booysen en Reeva Steenkamp tot gerugte van Suid-Afrikaanse vrouestudente se molestering, wonder mens oor die aard en relevansie van feminisme vandag.
Top