
Foto: Canva
Namibië
Soos ’n ryp vrug, reg om gepluk te word
wag hierdie land sy besoeker in.
Begeer hy om te onthul
skatte van eers, kosbaarhede van nou.
So ’n dorre land
almal deel saam, die hegte band.
Hy wil verras
met flenters van kameeldoringbas.
Hy wil oes
die verwering van roes.
Swart koue yster, so kul
boorlinge, so gul.
Verlate langs ’n sandroos
lê eens mens – nou net beendere, sielloos…
Geroeste skeepsgeraamtes
beur deur die sand,
geen oorlewing, daar gestrand
saam deel hul ’n laaste lêplek.
Tot duinsand hul eendag
heel bedek.
Namibië, land met kontras.
Hy lok jou uit, hy wil verras
inwoner en gas.
Pak sy mooi, sy roes en eensaamheid,
binne-in jou hart
se tas.


Kommentaar
'n Bitter groot voorreg! Dankie vir die plasing van my gedig, dit lê my baie na aan die hart! 'n Diepe verlange na my geboorteland sal my ewig bybly...
Baie dankie LitNet.
xxx
🙏🏻