Hierdie ding

  • 0

Foto: Canva

Hierdie ding

jy vra hom oor sy lewe
en wil weet van sy bestaan
waarvandaan hy kom
en waarnatoe hy gaan

jy vra hom hoekom kyk hy uit
wat hy deur die ruite vind
daar by die velde en die voëls
en die berge en die wind

hy sê

my mamma loop op seewater
en die branders slaan haar om
en my pappa drink sy vredeswyn
uit bottels van karton

my boetie vlieg sy vlieër
oor sy sneeuwit wentelweg
my sussie dra haar lang kouse
en die bo-dorp sê sy’s sleg

en hier in my denkervlugte
wag daar aasgedroggesigte
al swewend oor my bang
se binnekring
en hierdie skuifel in my weë
in elke tree wat ek gee
lê gegrendel in my omkyk
na die ding

hierdie ding wat wederkeer ...

wat weer en weer bly wederkeer

my uit my skuilings uit gaan haal
en altyd dreigend soos ’n storm
oor my silwerson kom daal

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top