Skryfwerk
Lees oorspronklike kortverhale, gedigte, lirieke en essays hier. Stuur jou voorlegging na skryfwerk@litnet.co.za.
Slegs oorspronklike skryfwerk, wat nog nie voorheen in druk of op enige sosiale media platform verskyn het nie, sal oorweeg word.
LitNet aanvaar slegs ’n skrywer se oorspronklike, ongepubliseerde werk (insluitend sosiale media) vir publikasie. Wanneer jy jou skryfwerk aan LitNet voorlê, verseker jy LitNet dat die gedig/kortverhaal jou eie, oorspronklike werk is.
...
Read original short stories, poetry, lyrics and essays here. Submissions can be sent to skryfwerk@litnet.co.za.
Only original writing, which has not been published in print or on any social media platforms, will be considered.
LitNet only accepts an author’s original, unpublished work (including social media) for publication. When you submit your writing, you confirm to LitNet that it’s your own, original work.
Bittersoet seisoen
2023-04-26"Soet, soet somer, jou voëlgesang word stil,
Nog ’n bittersoet seisoen word in stilte gehul."
Die oorsprong van sterre
2023-04-26"vonkel daar in die sterre
wat saans in die hemelruim verskyn
’n weerkaatsing van die lig
wat so helder in haar oë kon skyn"
Beurtkrag maak Kris mal
2023-04-26"Die beurtkrag maak hom kwaad
Die krag is af, dis elke dag se plaag
Hy sit in die donker, hy kan nie meer
Sy geduld is dun, sy gees is seer"
WurmWerd
2023-04-20"Leon Landsberg het die koerante gebel. Die Burger en Rapport berig maar net te geredelik oor die oud-Bokvoorspeler wat teen hulle te velde trek. Slaaimie is met meer as ’n miljoen rand van Leon se ma weg. Geld wat hy glo drie jaar tevore vir haar in kripto sou belê het. Geld wat intussen verdwyn het."
Sterrereën
2023-04-20"’n kandelaar van sterre
skitter in die donker
soos duisende gloeilampies
wat flikker en flonker"
Soms
2023-04-20"Soms soek ons vergete na ’n langverlore skat,
Soms moet ons omdraai op ’n verkeerde pad ..."
Droomeggo's
2023-04-13"Ek sien verby die
blom op my vensterbank
hoe reëndruppels op
my wasgoedlyn hang"
Gedagtes oor tronkaantekeninge
2023-04-13"die revolusionêr noteer daar: in maart 1932 se l’italia che scrive skrywe luigi tonelli
oor pietro mignosi se boek epica e santita, en tonelli wat opmerk
hoedat die werk ’n pragtige kanto bevat"
Verpulpte trane
2023-04-06"verby die rooiligarea
waar toeters hiet en gebied
tot diep in die ghetto’s
waar hulle getrou
nog die barmitswa vier"
Wie is ek, Ma?
2023-04-06"Ek sukkel om te slaap vanaand. Sus doen moeite om my tuis te laat voel, maar haar beddens was nog altyd te hard en haar komberse pof te veel. Ek is nie ondankbaar nie, maar ek slaap beter op die plaas, Ma."
LitNet | STAND: Teaterresensieslypskool | Theatre review workshop
2023-03-30Sluitingsdatum aangepas: Stuur jou voorlegging voor middernag op 20 April! Deadline extended: Send your submission before midnight on 20 April!
Sê nou maar ChatGPT en Breyten ontmoet
2023-03-30"jou algoritme ’n meesterstuk van logika,
’n dans van nulle en ene wat die wêreld verstaan.
Maar in jou kern is jy die produk van mense"
Goliat
2023-03-30"ek het jóú gesoek in elke rooi woord
en maraton-hand wat kon uitskiet sonder genade"
Bitterwyn
2023-03-30"waar ons ongesuurde brood breek
en bitter wyn uit geroeste kanne skink
(onder die skyn van valse samesyn)"
Wonde
2023-03-23"Ek staan op en plak pleisters op wonde wat lank voor jou daar was,
wat jy van voor af laat bloei het"
