Waar is my Umfaan?

  • 1

Foto: Canva

Kaal bolyf
krom gebuig
bo-oor die swart wasklip
haar jong vol borste
swaaiend
oor die bondel wasgoed
haar hande vol geseep –
heen en weer
op en af
Alleen in haar eie katedraal
word water oor die klippe
orrelpype
en klokkies in haar lied
sy wieg heen en weer
sy wieg op en af
en huil
oor haar umfaan:
         tula, tula, stil my kind.
Sy soek haar kind
in die lang gras
bult op in die wind
soek sy na haar umfaan
swaaiend
heen en weer
op en af:
         tula, tula, stil my kind.

Geïnspireer deur: The Solitary Reaper

William Wordsworth

  • 1

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top