Skryfwerk

Lees oorspronklike kortverhale, gedigte, lirieke en essays hier. Stuur jou voorlegging na skryfwerk@litnet.co.za.

Slegs oorspronklike skryfwerk, wat nog nie voorheen in druk of op enige sosiale media platform verskyn het nie, sal oorweeg word.

LitNet aanvaar slegs ’n skrywer se oorspronklike, ongepubliseerde werk (insluitend sosiale media) vir publikasie. Wanneer jy jou skryfwerk aan LitNet voorlê, verseker jy LitNet dat die gedig/kortverhaal jou eie, oorspronklike werk is. 

...

Read original short stories, poetry, lyrics and essays here. Submissions can be sent to skryfwerk@litnet.co.za.

Only original writing, which has not been published in print or on any social media platforms, will be considered.

LitNet only accepts an author’s original, unpublished work (including social media) for publication. When you submit your writing, you confirm to LitNet that it’s your own, original work.

Kluisenaarshart

Anzé Bezuidenhout Poësie 2023-03-23

"iewers uit die melkweg
daar waar sterre lepellê
val ’n hemellig na benede"

Chat GPT

Carla Botha Poësie 2023-03-23

"Jy spoeg woorde oor die skerm
Jy sê vir my daar is seekoeie in die see
Jy maak woorde op soos 'watpaaie'
Jy maak spelfoute en ek krimp ineen"

Chat GPT: Haikoe

Carla Botha Poësie 2023-03-23

"Alom, onbeperk, grensloos"

As daar niemand oor is nie

Johan van der Merwe Poësie 2023-03-16

"tog bly môre onseker
geloof slinger soos ’n dronk man
hoop loop met twee krukke
net liefde blaas die vlammetjie aan"

’n Dilemma in die datiewe naamval

Paul Maritz Poësie 2023-03-16

"Maar goeie genugtig, Afrikaanse kind
hoe wil jy jou taal laat sweef met die wind
as jy die kleine woordjie MET
sy regmatige plek op jou tong belet?"

'n Nuwe nagmaal

Anzé Bezuidenhout Poësie 2023-03-16

"terwyl jou lippe
vervalste seën uitspreek
is jou oë besig
om my psige stukkie vir stukkie
soos nagmaalbrood te krummel en breek"

By die Pretoriase Kunsmuseum

Celesté Fritze Poësie 2023-03-16

"Hoë regeringsoffisiere is elders aan diens,
ongekende eerbetoon weerhou,
daar is geen helms, uniforms, wit pluimvere nie,
nóg vir Oermoer, nóg vir haar seun."

LitNet en hoofvennoot Suidoosterfees se Stemme-projek wen Blou Fiësta!

LitNet Stemme | Voices | Amazwi 2023-03-10

Stemme, LitNet se monoloogprojek wat in samewerking met die Suidoosterfees (hoofvennoot), KKNK en NATi aangebied is, het die Blou Fiësta by die kykNET Fiësta-toekennings gewen. Melt Myburgh, wat die projek namens LitNet bestuur het, het die toekenning in ontvangs geneem. Hierdie geleentheid het op 9 Maart 2023 by die Waterfront in Kaapstad plaasgevind.

By die afsterwe van ’n beeldhouer

Celesté Fritze Poësie 2023-03-09

"Hoog teen die bergpad op, waar die beeldhouer
sou kon speel as kind,
beur ’n jong wit hond uit sy oopgeskulpte hande vry."

Ligjare

Jacques Boshoff Poësie 2023-03-09

"jou lig is nie meer vir my so helder nie
jou stem verdwyn in golwe van gesuis
ma, deur my lens is jou beeld besig om te verflou:
daar is reeds drie-en-dertig ligjare
tussen my en jou"

Vat my terug

Terry Terblanche Botha Poësie 2023-03-09

"Vee dit af,
Laat my trane en Gonubie se see saamsmelt
Laat ek weer net een maal
Op die promenade stap"

Die album

Hendie Grobbelaar Poësie 2023-03-09

"Dowwe kiekies
op taai karton
voosgevatte sellofaan
verbleikte madeliefies
aan die buitekant"

Die LitNet Tuishuise Inwoonskrywerskap: Doen nou aansoek vir 2023

LitNet Boeke en skrywers 2023-03-03

Skrywers wat in 2023 vir ’n maand lank rus en vrede nodig het om tyd aan kreatiewe skryfwerk in enige genre te bestee, kan nou aansoek doen vir Die LitNet Tuishuise Inwoonskrywerskap op Cradock. Sluitingsdatum: 30 Maart 2023.

Muse

Karin Walker Poësie 2023-03-02

"sy weet min wat my makeer
en sy gee ook nie om nie"

Dans

Marisa Fourie Poësie 2023-03-02

"Die ritme van die wêreld klop saam haar hart
Sy huppel en dans
Vir almal se part"

Swyg

Caren Kearley Poësie 2023-03-02

"Dit het niks met digters te doen nie
ook nie met skrywers se sondes nie
dit het nie vandag gebeur nie
want gister het ook te gou gekom"

Leë lanings

Heilna du Plooy Poësie 2023-02-23

"die wete van die geskende mond
lê leesbaar in die mooiste oë
en verloopte liefdes hang die stiltes
van die mooiste liedere vol."

IV    Son-net

Heilna du Plooy Poësie 2023-02-23

"Op die strand die dowwe mens, kwalik in staat
om die oordaad na ander te weerkaats."

Kuur

Heilna du Plooy Poësie 2023-02-23

"met liggetinte water lê sy die gloed
deur die venster neer op papier
laai dan die kwas swaar met pigment
en skilder sorgsaam ’n kuur"

Seetaal

Heilna du Plooy Poësie 2023-02-23

"daar moet oerwoorde wees
om oor die see te praat"

Top