Eerste liefde

  • 0

Foto: Canva

Kwistig verf jou kyk
’n palet van kleur
oor my grys drumpel

Die mure wat eens
gefrons het, glimlag
en die vertrekke
knik instemmend

Jy het my koue kamers
met somerson versier
en oral lig gebring

Die winter het egter
deur oop vensters ingewaai
en ons warmte verdring

Oplaas is dit
hartseer deure
wat jou vaarwel roep,
die huis koud
en vol verwyt

Agter jou voetspore lê
’n vertrapte blom en
terwyl jy een laaste keer omkyk,
ontmoet ons oë
en sonder woorde

neem ons finaal afskeid.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top