Jacques Boshoff

Jacques Boshoff is in 1978 gebore in Virginia in die Vrystaat. Hy voltooi sy skoolloopbaan in Kimberley in 1996, waar hy dan ook as rekenmeestersklerk begin werk in 1997. Na sy klerkskap begin hy in 2002 werk by die Ouditeur-Generaal, waar hy later bevorder word en Pretoria toe verhuis in 2008, waar Jacques en sy gesin vandag nog woon. Jacques het verskeie rekeningkundige en oudit kwalifikasies, onder andere ‘n Meestersgraad in Forensiese Rekenmeesterskap wat hy verwerf het by die Noordwes-Universiteit in 2010.

Jacques vind inspirasie uit verskeie oorde vir sy skryfwerk – sy kinderhuisjare, die dood van sy ouers, die liefde, sy gesin, asook alledaagse gebeure. Hy het nog altyd ‘n liefde vir Afrikaans en poësie gehad en het so tussendeur sy gedagtes neergepen in digvorm. Hy het egter eers in 2021 die pen weer behoorlik opgeneem nadat van sy gedigte aanvaar is vir publikasie in die aanlyn AVBOB poësiebiblioteek.

 

 

Donderdag op Rooihuiskraal

Jacques Boshoff Poësie 2026-04-09

"Môre is ’n sekerheid,
soos ’n kantelende son."

Hondelewe

Jacques Boshoff Poësie 2026-01-15

"My hond begryp nie die verloop
van dae, maande en jare
of die verandering van seisoene nie."

Voorspelling

Jacques Boshoff Poësie 2025-09-18

"Ons liefde is plek-plek donderbuie,
stormwind en hael."

Winterapologie

Jacques Boshoff Poësie 2025-09-11

"As teenpool en troos:
ek gee jou bloulugdae"

Vrot

Jacques Boshoff Poësie 2025-04-03

"Wolke lê soos sambokhale
oor blou lug gestreep,
wind pluk-pluk
aan sy sonverbleikte klere."

Vivarium

Jacques Boshoff Poësie 2024-07-18

"op die hoek van langestraat
is daar ’n boom, groen en pers,
die blare val en sy swenk
verby, links en regs"

Valentynsdag

Jacques Boshoff Poësie 2024-03-20

"ek skryf ’n gedig vir jou,
sonder inkleurwoorde
of spoggerige metafore"

Dagbreek

Jacques Boshoff Poësie 2024-03-13

"Ek doen los werkies, ietsie hier en
daar, maar ek het niks om daarvoor te wys nie.
Die lewe is duur, meneer."

Onder die hoesstroop

Jacques Boshoff Poësie 2023-11-09

"Die lewe is net bloot
die dood in remissie."

Wederkoms

Jacques Boshoff Poësie 2023-10-19

"dit is dekades later
en ek sien my pa nog soms in drome
maar onvolledig
want tyd is ’n besem wat die onthou
wreed en sonder ophou
wegvee"

Gebreekte filament

Jacques Boshoff Poësie 2023-06-29

"die lewe is soos die fyn filament in ’n gloeilamp
bros en breekbaar
hoekom het die dood
jou lig so vroeg uitgedoof?"

Eerste liefde

Jacques Boshoff Poësie 2023-06-08

"Die winter het egter
deur oop vensters ingewaai
en ons warmte verdring"

Ligjare

Jacques Boshoff Poësie 2023-03-09

"jou lig is nie meer vir my so helder nie
jou stem verdwyn in golwe van gesuis
ma, deur my lens is jou beeld besig om te verflou:
daar is reeds drie-en-dertig ligjare
tussen my en jou"

Top