
Foto: Canva
Valentynsdag
ek skryf ’n gedig vir jou,
sonder inkleurwoorde
of spoggerige metafore
sonder tierlantyntjies,
soos liefdeswoorde met
ragfyn randjies
want deur al die sakke sout
en die soet en die seer,
wil ek net vir jou vra, liefste:
kan ons weer probeer?


Kommentaar
Dis pragtig!
Dankie, Catherine.