Hondelewe

  • 0

Foto: Canva

Hondelewe

My hond treur nie
oor dooie honde nie,
wag nie vir sonsopkoms
of sonsondergange nie.
My hond ken nie die verskil
tussen ’n hadida en tinktinkie
of geelhout en wilgertak nie,
sien nie vliegtuie
hoog en klankloos daarbo nie.
My hond begryp nie die verloop
van dae, maande en jare
of die verandering van seisoene nie.

My hond besef nie.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top