
Foto: Canva
Onder die hoesstroop
Party dae dink ek
of twyfel amper
oor die nut van opstaan
die doel van wees
Menswees
ʼn onbenullige stippeltjie
in ʼn oorgroot stadion
waar die grense onsienbaar lê
Ek kom uiteindelik te staan
voor hierdie jukstaposisie:
Die lewe is net bloot
die dood in remissie.


Kommentaar
Ek bewonder die skeppende gebruik van woorde met verwante betekenisse:
"dink" / "twyfel"; "wees" wat gespesifiseer word met "Menswees"; die beeld van die "stadion" wat verhelder word met "stippeltjie" wat nie "onsigbaar" is nie, maar wel "onsienbaar". En dan die verrassende slot met ryme waaroor 'n mens goed kan nadink: "Die lewe is net bloot / die dood in remissie."
Baie dankie vir jou insiggewende kommentaar, Danie, ek waardeer dit.
skrikwekkend - ook die brute illustrasie
staan tog op, Oubie, daar is lewe anderkant die hoes: die son skyn, die druiwe word ryp, en die vogels sing (nog...)
sterk vers, so gestroop en direk
naskrif: ek weet hoe jy voel...
Baie dankie vir jou terugvoer, Lizzie.