Vivarium

  • 2

Foto: Canva

Vivarium

my meisiekind ry
ongestoord straataf
verby blokkieshuise
terwyl honde kef en blaf

al hoe vinniger en vinniger
laat sy die speke sing
verby kinders op straathoeke
wat lekkers en koekies bring

op die hoek van langestraat
is daar ’n boom, groen en pers,
die blare val en sy swenk
verby, links en regs

dan om ’n skerp draai
verrys ’n pienk paddastoel
sy ry stadiger, stadiger
en reik uit om daaraan te voel

skielik begin
sy weifel, twyfel,
die fiets wankel,
kantel,

en dan val sy

  • 2

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top