
Foto: Canva
Vrot
Lutzville, 20 September 2024
Sy gesig stofbesmeer,
buk ’n sesjarige seun
langs ’n grensdraad,
tel ’n lemoen op
waaruit wurms beur.
Wolke lê soos sambokhale
oor blou lug gestreep,
wind pluk-pluk
aan sy sonverbleikte klere.
Dan, uit die grootpad,
’n wit voertuig
wat afpyl op die seun:
oë agter die stuur
donker pulp
waaruit wurms beur.

