Dagbreek

  • 10

Foto: Canva

Dagbreek

Gaan môre ’n beter dag wees, meneer?

Ek sit in die ry vir SASSA
en my hart is seer,
my meisiekind het loop pille drink
want sy kon nie meer
uithou met haar boyfriend se abuse nie.
Ek doen los werkies, ietsie hier en
daar, maar ek het niks om daarvoor te wys nie.
Die lewe is duur, meneer.
My laaitie het moeilikheid gemaak,
’n ander man aangerand en daar is ’n saak
oopgemaak. Hy wag vir ’n prokureur.
Ek gaan vanmiddag kliniek toe,
ek het ’n hoes wat hulle moet uitsorteer
want die Here weet
ek kan nie nog worries vat nie.

Gaan môre ’n beter dag wees, meneer?

  • 10

Kommentaar

  • Ek het n persoon en sy seun geken wat in n plakkerskamp gebly het, die seun ongv 40 het vir die kamstige pastoor wat die kamp besit het gewerk in konstruksie vir R50 n dag., die ou man het sassa gekry as dit sassa dag is begin die 2 drink vir 3 dae lank tot al die geld op is, as die kerk daar kom of Spar of Shoprite ou groente kom aflaai is hulle heelvoor en vertel vie almal hoe swaar hulle kry

  • "n Struggling lewe

    hortend weergegee
    sukkel maar om.na '
    n gedigte klink
    of hoe meneer-
    hartseer relaas ja
    dis waar maar
    geen ritme absoluut
    geen harmonie
    voltreffer dermsuitryg
    enjambemente afwesig
    beswaarlik duidelik
    ongerymd nou wat nou
    sou dit ook kwalifiseer
    meneer.?
    ek't ook lank geleer
    net n halwe brood meneèr

  • Djy vra vi' my?
    Ek ma'kie die dae nie.
    Ek we'tie ee's of ekkie dag gaan makie.
    Ma' wat sal ek worry?
    Elke dag is nettie nou.
    Ek survive tot'k gaan lê,
    en net omdat ek wakke'wo'd,
    struggle ek oek ma aan.
    Môre dra sy eigene sorge, klong!

  • Lezettevan Jaarsveld

    daardie hartoopmaak en sê.
    .hoe 'n ding lyk en hoe jy voel.
    die roepstem .en altyd tikkie hoop
    verpad geloop
    bietjie hier...bietjie daar
    lê my bietjie lekker daarvoor?

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top