Winterapologie

  • 0

Foto: Canva

Winterapologie

Ek is jammer
vir my laat opkom
en vroeë sak, vir die ruk en pluk
en deure skud,
vir droë gras
en dorre tuine,
vir blaarlose bome
en klanklose voëls.

As teenpool en troos:
ek gee jou bloulugdae
en sterre helder.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top