Wederkoms

  • 2

Foto: Canva

Wederkoms

my pa is dood
en het opgevaar na die hemel
of so het ek geglo op sewentien
maar tussen hierdie bybelse verwarring
en die chaos van my tienerjare
het niks sin gemaak nie

dit is dekades later
en ek sien my pa nog soms in drome
maar onvolledig
want tyd is ’n besem wat die onthou
wreed en sonder ophou
wegvee

ek besoek onlangs my pa se graf
en tussen die dooie, geel gras
bars en beur daar, onmiskenbaar

’n groen spriet uit die grond

  • 2

Kommentaar

  • Die besembeeld oortuig my. In my aftree-jare vergeet ek maklik name en plekke.
    Die graftoneel is visueel treffend met die presiese woordkeuse en die afsonderlike plasing van die slot.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top