
Foto: Canva
Donderdag in Rooihuiskraal
Dit is ’n dag
soos geen ander nie.
Nuwe rose bot
en ’n kind dans in rooi
onder ’n hemelblou lug –
uitbundig.
Môre is ’n sekerheid,
soos ’n kantelende son.
Die dag raak rooi
en geel,
vergrys,
met weerlig
soos helder are
op die horison.
Dit is donker.
En die nag
ruik na kruit.

