’n Seën vir pars

  • 4

Foto: Canva

’n Seën vir pars

laat sonstrale
sag en skuins
suiwer oor julle val
groen deur ’n filter
van welige lower
terwyl ou eikebome
hul artritis-arms
hul vereelte hande
omhoog hou
’n onuitgesproke seën
stil oor julle uitspreek –
laat lang jare
gedeelde jare
houtvate word
waarin die struktuur
van gemoedelikheid behoue bly
en verouder
tot toenemende vrede
van water
wat reeds lank gelede
wyn geword het
terwyl die kelder vol is
en oral in die lug
die onmiskenbare reuk
van pars hang

  • 4

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top