Vlerke

  • 0

Foto: Canva

My hart vertoef nie meer
by die ritme van jou leuens
ek staan hier as vrygemaakte slaaf
my oog se pen se ink opgedroog

die klop van my hart
is weer in ritme, vry
die oggendson se geel tapyt
oopgerol van kim tot kim
– ook vir my –

ek hoor weer êrens ’n seemeeu roep
en sprinkel water van vergifnis
op jou trapspoor in my hart

en eendag as joú blou
verbleik tot grou
en jy sien net skadu’s
van my rou, onthou
Ek lewe nou!

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top