Boek sonder titel
2024-09-26"die lêers in my kop moet ek nog
Skrap. Delete. Erase.
maar die boek is reeds gedruk ..."
Nog
2024-07-25"In die middel van die kruisvuur –
aan beide kante van die grens –
bloei nóg ’n moederhart"
Melodie van lag en trane
2024-05-22"Ek wens jy was hier
om te deel aan die bittersoet
om my te help om nog ’n tree te gee"
Het jy?
2023-11-02"het jy toe jou pot van goud
kon vind, my lief?
het jy jou elke wens gekry?
jy hét immers elke golf gery."
Vlerke
2023-06-01"ek hoor weer êrens ’n seemeeu roep
en sprinkel water van vergifnis
op jou trapspoor in my hart"
Manie se Bosveld-baobab
2022-07-20"Ons wou die sand se spoed in jou uurglas
tot stilstand roep
– om jou langer by ons te hou."
Ons moeder Krotoa
2021-12-14"Gestroop van haar naam, herdoop na Eva.
Gestroop van haar lewe, gestroop van haar volk,
met net die eggo in haar gemoed ...
Is ek Krotoa? Of is ek dan Eva?"
Totsiens is soms vir altyd
2021-05-31"my geliefde se stoel bly leeg
my lippe rooi, nes die kers se was
my hoëhakskoene skop ek uit
soos ’n onwelkome gas"
