’n Halwe lewe of ’n halwe dood

  • 0

Foto: Canva.com

’n Halwe lewe of ’n halwe dood

Soos ’n oester ’n pêrel koester
omvou my baarmoeder haar onverwagte gas,
– my liggaam ’n ongedekte tafel –
ongereed maar opgewonde wagtend

met een teaterbesoek se verraad
teken die pen se ink ons naelstring af
Prognose: “onvolhoubaar”

’n Lewe onbegind
        onontgin
        onvoltooid
        Uitgespuug ...

Totsiens, onontkiemde kind van my.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top