
Foto: Canva
Prooi van pyn
ingeweef in ’n kokon van pyn
ingeperk met net splinters van ’n brein
styf genestel aan verskroeide hoop
al wagtend op die dood
skielik dans ek op heuwels van nirvana – newels
swewend tussen hier en nêrens ...
my minnaar, medikasie,
wat ’n bittersoete kus!
op die altaar lê ek as prooi van pyn
Dood, slurp my eerder op
dié druif is deurgetrap
slurp my op soos wyn

