Boek sonder titel

  • 1

Foto: Canva

Boek sonder titel

Daar is ’n boek in my kop
gevul met hoofstukke oor jou
eens beloftes van trou
geëindig in trane van rou

harde woorde rol los van jou tong
die blik in jou oë pleit skuldig
skielik lees jou foon “uitstedig”,
nes jou splintervrye hart

die lêers in my kop moet ek nog
Skrap. Delete. Erase.
maar die boek is reeds gedruk ...
die ink nog nat,
nes die bloedspoor in my hart

die titel?
“Boek sonder titel”

  • 1

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top