Totsiens is soms vir altyd

  • 0

Foto: Canva.com

Totsiens is soms vir altyd
die tafel is gedek vir twee
en ek wag ...
die deur bly onbeantwoord
die kerslig flikker skraal en effens
nes die hoop in my

my geliefde se stoel bly leeg
my lippe rooi, nes die kers se was
my hoëhakskoene skop ek uit
soos ’n onwelkome gas
en ek wag ...

die foon se skrille lui
wek my uit my semi-sluimer
die onbekende stem se woorde sag
en ek weet ...
dis tyd om die kers se asem stil te blaas

Totsiens is soms vir langer as ’n dag
Totsiens is soms vir altyd.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top