Nog

  • 0

Foto: Canva

Nóg

Iewers onder puin
onder klip en steen
word nóg ’n stem stil...
eggo’s van pyn en wanhoop
nie meer gehoor

Nóg drome begrawe
deur missiele van haat en vuur
weggebêre onder puin
sonder ’n gegraveerde grafsteen
sonder ’n naam
sonder ’n totsiens

In die middel van die kruisvuur –
aan beide kante van die grens –
bloei nóg ’n moederhart
in haar eie oseaan van emosie

Nóg ’n kind onder puin begrawe
Nóg ’n generasie haat gebore...

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top