
Foto: Canva
Vlietende jare
In die koudste van die winter
vind ons steeds die somer binne ons
hier by óns waterval
– maar veertig jaar later –
’n Toekoms saam het ons ontvlug
maar ek kom altyd terug
soekend nader
na vlietende jare
deur tyd ingesluk ...
ek kom altyd terug
na hoogtes óf laagtes
waarheen jy ook al vlug...
kry my daar by ons waterval
in ons verbeelding, vir oulaas
herinneringe is sprinkelgenade.
kry my daar by ons waterval
– soos tye van ouds –
Vlietende jare
deur tyd ingesluk ...


Kommentaar
Ek het ontroerd geraak. Het dieselfde ervaring. Maar op sekere dae loop dinge beter.
Danie