Skryfwerk
Lees oorspronklike kortverhale, gedigte, lirieke en essays hier. Stuur jou voorlegging na skryfwerk@litnet.co.za.
Slegs oorspronklike skryfwerk, wat nog nie voorheen in druk of op enige sosiale media platform verskyn het nie, sal oorweeg word.
LitNet aanvaar slegs ’n skrywer se oorspronklike, ongepubliseerde werk (insluitend sosiale media) vir publikasie. Wanneer jy jou skryfwerk aan LitNet voorlê, verseker jy LitNet dat die gedig/kortverhaal jou eie, oorspronklike werk is.
...
Read original short stories, poetry, lyrics and essays here. Submissions can be sent to skryfwerk@litnet.co.za.
Only original writing, which has not been published in print or on any social media platforms, will be considered.
LitNet only accepts an author’s original, unpublished work (including social media) for publication. When you submit your writing, you confirm to LitNet that it’s your own, original work.
Vlerke
2023-06-01"ek hoor weer êrens ’n seemeeu roep
en sprinkel water van vergifnis
op jou trapspoor in my hart"
Wyser
2023-06-01"... want tyd se bene is nou lank
en ons eie wil is nie bestand
teen tyd se lang hale nie."
Môre is nog ’n dag
2023-06-01"Texeira gaan nog leer. Miskien nie vandag nie. Miskien nie eens môre nie. Maar hy sal leer. In hierdie werk leer almal dit op die een of ander stadium: Die glorie van oorlog lê nie in oorwinning nie, maar in oorlewing. Môre is nog ’n dag."
LitNet se Kommadagga-slypskool in samewerking met die Jakes Gerwel Stigting en Huisgenoot
2023-05-30Die drie-week-residensie sluit in: retoerkaartjies na Gqeberha (Port Elizabeth), indien nodig, vervoer tussen die lughawe en Somerset-Oos, ’n gerieflike, eie "kamer met ’n uitsig", die Stigting se inwonende sjef se heerlike maaltye en onbeperkte toegang tot die internet.
LitNet’s Kommadagga workshop with the Jakes Gerwel Foundation and Huisgenoot
2023-05-30The residency includes return tickets to Gqeberha (Port Elizabeth), if needed, transport between the airport and Somerset East, a comfortable “room-with-a-view” of your own, housekeeping services and delicious meals prepared by the Foundation’s resident chef.
Ek vereer nie kleur nie
2023-05-25"God vereer nie kleur nie
wit bruin of swart nie
Jesus het my beste vriend geword
Hy was God –
wat vir altyd lewe
Hy het nie gesê wit bruin of swart nie."
’n Ode aan my ma
2023-05-25"My ma is
huis-toe-kom
die pleister op my seer
die dolos wat die waters keer
die eggo wat in die blink
van my kinders se oë klink."
A22
2023-05-25"gravitasie is ’n heilige taboe
uurglase vul opnuut
ons skiet die sterre
met ’n kettie en klip"
Ek wil jou toevou vanaand
2023-05-18"en niks praat nie
nie harde woorde nie
nie skril stemme nie
jou net saggies in my arms toevou"
Ek en jy
2023-05-18"woorde hardloop soms die straat af
as ek kopaf agterna loop
om soms die verkeerde op te tel
so loop die tyd
met ’n kierie
die laaste bult uit"
Lewenslint
2023-05-18"bo my katel hang ’n string LED’s
waaraan ek soeweniers
met wasgoedpennetjies vasknyp"
Die son is ’n sekel
2023-05-11"’n Lugleegte die kern van die gloed
maar soekend, migrerend soet
’n wordende kosmos
’n c-son in my hand"
Die dooie vis
2023-05-11"Vergewe my is wat ek vra.
Laat my lewe is wat ek eis.
Ek is immers nie ’n vis nie."
’n Seën vir pars
2023-05-11"laat sonstrale
sag en skuins
suiwer oor julle val
groen deur ’n filter
van welige lower"
Antie Evelyn van Nieu-Bethesda
2023-05-04"Ag Here leer my
om my knieë weer te buig
weer baie laag te buig, Here"
Kopbeenplek 2030
2023-05-04"toe die sterre
en planete
mekaar opvreet
en die mense
en die diere
en die aliens
in hul asems versmoor"
Ek wil gaan nesmaak
2023-05-04"ek wil gaan
nesmaak
in my hart
se hoogste kranse
en daar wil ek
stil oorwinter
tot die lente kom"
Verkeersligplakkaatman
2023-05-04"Starend smekende dowwe oë
Soekend na ewig-vlugtende hoop
Nat plakkaat wat sê: Help asb, werkloos!"
