’
Kelvin Singini, Malawiër en geliefde kelner van die restaurant Asta in Stellenbosch, is verlede week in Tygergberg Hospitaal oorlede weens wonde wat hy opgedoen het tydens ’n brand in sy huis in Kayamandi.
Willem de Swyger dra ’n gedig aan hom op.
jy was ’n kelner
wat my soms bedien het
’n vreemdeling
uit ’n vreemde land
wat ’n heenkome hier kom soek het
’n beter lewe
’n beter toekoms –
ek het gehoor
van die brand
by jou huis in die township
hoe jy dae lank
geveg het in Tygerberg
teen infeksie
die antibiotika
die ventilator
die adrenalien
gisternag
het jy stil die wêreld verlaat
’n vreemdeling
in ’n vreemde land
vêr weg van jou mense
vêr weg van jou kinders
ek onthou jou glimlag
jou vriendelikheid
hoe respekvol jy was
en hoe blymoedig
ek steek ’n kers op
om jou herinnering te eer
om jou lewe
jou nalatenskap
die feit dat jy hier was
te gedenk
lewend te hou
rus in vrede
Foto's:
- Kelvin Singini: Verskaf
- Lotusblare: Pixabay


Kommentaar
Opregte dank teenoor LitNet vir die plasing hiervan.
Ons poog om Kelvin se familie finansieel by te staan deur hierdie moeilike tyd. As enige iemand daarin belang sou stel om ‘n vrywillige bydrae te maak, is hulle welkom om vir Steve by Asta te kontak. Sy e-posadres is astaitalian@gmail.com
Rus in vrede na soveel swaarkry.
Met teerheid meegedeel.
Sjoe, sad - baie mooi!
Mooi, Willie, jy skryf steeds so mooi soos ek onthou.
Raak my hart sommer diep aan en medelye vir die mens wat so blymoedig swaargekry het. Nou rus jy, jong man.
God bless your soul, at peace. My condolences to your family. May God keep them strong.
Ek dink mens kan vandag, 31 Augustus, die slagoffers van die brand in die Johannesburgse gebou saam met Kelvin Singini gedenk:
ek het gehoor
van die brand
...