
Foto: Canva
Kwesbaar
Elke keer
as ek ontnugterd
onder die son uithol,
(om my kop in ’n gat te loop steek)
is dit jý, my lief,
wat jou vuiste
vir my vrese bol
en jouself
keer op keer
oor my disillusies wreek
terwyl jy die donker
rondom my inhibeer
al staan jyself
– kwesbaar –
in die wind
en stormweer.


Kommentaar
Baie dankie vir die plasing LitNet! Ek waardeer dit opreg.