Vergiftig

  • 2

Foto: Canva

Vergiftig

Vasgevang in jou web
gespin met verbittering
waar liefde spartelend
vergiftig word deur jaloesie

’n Vervaagde silhoeët
verswelg deur weerwraak
en gekoesterde wrokke
klouend aan jou gisters

My siel vry van jou gif
waarin jy stadig versmoor!

  • 2

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top