My moeder

  • 0

Foto: Canva

My moeder

Ek woed my storms
in haar arms uit en sy
help my dra aan my
skaduwee al vandat
ek kan onthou
Sy sien my met my foute
en is steeds lief vir al
die mooi en die lelik
wat my mens maak 
Sy doen dit sonder
dat ek vra of dit verwag
WANT ’N MA SE LIEFDE KEN
GEEN PERK NIE 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top