Oktober in Cullinan

  • 0

Foto: Canva

Oktobermaand in Cullinan
omsoom die Jakarandas die strate in gelid
en staan en bid
vingers deurmekaar gevleg
soos biskoppe purper verg.
In dié heilige katedraal
speel God orrel
oor Sy skeppingsverhaal
en laat my beker van geluk oorborrel.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top