Die son is ’n sekel

  • 1

Foto: Canva

Die son is ’n sekel

Sou jy haar pluk
en die herfs skil op jou skoot
sou jy ook staar na die
gebuigde omhelsing van haar vlees
haar aartjies onseker
maar sagkens op pad
na watter waarheid?
’n Lugleegte die kern van die gloed
maar soekend, migrerend soet
’n wordende kosmos
’n c-son in my hand

  • 1

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top